Wie is ons?

Stoelriempies is 'n eenmansaak wat bedryf word deur 'n ten volle gekwalifiseerde leerlooier. Ek spesialiseer in die span van banke en stoele sedert 1997 en het die afgelope 23 jaar 8 000 stoele en ongeveer 600 banke gespan.

Wat doen ons?

Ek looi my eie leer vanaf 2001. Ek gebruik nie die lieste wat te dun trek of die nekke wat te dik is nie en kan daarom 'n uitstaande kwaliteit rou riem lewer. Die donkerbruin kleur van die rou rieme bly ook dieselfde.

Wat bied ons?

Ek bied 'n kwaliteit rou leerproduk, wat jare langer mooi bly en stewig is in teenstelling met wit rieme wat gou pap hang of breek. Rou rieme werk! Volg gerus die skakels vir meer inligting oor en pryse van produkte.
Tuis | Rou Rieme | Spanwerk | Kampstoele | Gekleurde Rieme | Osrieme | Kontak Ons
© Copyright Stoelriempies. All Rights Reserved. Website designed and hosted by LIT Creations. You are visitor number: 63212