Want rou rieme werk!

Spanwerk

Ons span banke en stoele in Pretoria. Dit neem ongeveer vier dae om te span. Vervoer van meubels kan gereël word.

Ons span slegs met rou rieme wat vir ‘n jaar gewaarborg word. Die waarborg is slegs van toepassing op die rieme en nie op die meubels nie. Neem kennis dat banke en stoele waarvan die hout krake in het, eers herstel moet word (en vernis) voordat dit gespan kan word. Pryse bereken volgens die gaatjies tussen die voorpote van die stoel / bank. Die prys sluit die rieme in.

Antieke beddens word gespan op aanvraag. Skakel vir ‘n kwotasie.